top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vyf verdagtes is vas oor gesteelde goud en platinum

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 10
1 min read

Die Valke het vyf verdagtes in Limpopo, Noordwes en Gauteng in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by die handel in gesteelde onbewerkte edelmetale.


Volgens die Valke is vier verdagtes Donderdag in Bedfordview en 'n vyfde in Thabazimbi aangekeer.


Die ondersoek dui daarop dat werknemers by mynmaatskappye glo goud en platinum gesteel en dit daarna aan 'n onderneming in Bedfordview verkoop het.


Die gesteelde edelmetale word op meer as R150 000 geraam. Die Valke sê nog twee inhegtenisnemings word verwag.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page