top of page

Vyfjarige Bloemfonteinertjie laat nie toe dat net een hand haar stuit nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 17, 2025
  • 1 min read

Die vyf-jarige Zaria Esau van Bloemfontein doen alles wat haar voorskoolse klasmaats doen – met net een hand.

Zaria se ouers, Ludwig en Nicole Esau, sê hulle het in die derde trimester van Nicole se swangerskap uitgevind dat hul dogtertjie sonder ‘n regterhand gebore gaan word.

Dit was aanvanklik ‘n skok, maar hulle sê Zaria het hul wildste verwagtinge oortref.

Haar skoolmaats aanvaar haar ook soos sy is en behandel haar glad nie anders nie.

Zaria het onlangs begin vra waarom almal twee hande het en sy net een, maar dan vertel haar ouers vir haar sy is so geskape omdat sy spesiaal is.

Netwerk24 berig hoewel die gebrek aan ‘n regterhand nie vir Zaria terughou nie, oorweeg haar ouers dit om vir haar ‘n prostese te kry.

 
 
 

Comments


bottom of page