top of page

Vyftig nuwe bome word op Naval Hill geplant

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 6
  • 1 min read

Ter viering van Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika, het die Friends of Franklin 50 inheemse bome op Naval Hill geplant. Die geleentheid het Saterdag plaasgevind.

Die Mangaung Metro Munisipaliteit het die gate gegrawe, en die bome is deur Willard Batterye geskenk.

Die Friends of Franklin se voorsitter, Andri Grobbelaar, vertel Naval Hill se vier kameelperde is weens uiteenlopende omstandighede verloor. Voor hul dood kon hulle nie fokus op die rehabilitering van die inheemse bome nie, want die kameelperde het dadelik die nuwe bome gevreet.

Nou dat daar geleentheid is om inheemse bome te hervestig kan daar dalk ná vier jaar weer twee kameelperde op Naval Hill gehuisves word.

Vir die Friends of Franklin se volgende projek kan natuurliefhebbers R650 skenk, wat jou dan jou eie boom met 'n foto en GPS-koordinate op Naval Hill gee.

 
 
 

Comments


bottom of page