top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Waarskuwing teen swendelaars in stimulusprojek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 9, 2025
1 min read

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling waarsku teen swendelaars wat diensverskaffers teiken wat voorheen ’n bod vir die presidensiële indiensnemingsstimulus ingedien het. Volgens Newskoop doen dié swendelaars hulle voor as amptenare en eis R3 000 om glo bestellings wat met die stimulus verband hou, te bekom. Woordvoerder van die Noordwes-departement van landbou en ontwikkeling, Emelda Setlhako sê in die Staatskoerant die Presidensiële Indiensnemingsstimulus se Fase 3-program is in die vorige boekjaar afgehandel en geen voortgesette verkrygingsprosesse word daarmee geassosieer nie. Die publiek word aangemoedig om sulke voorvalle by die polisie aan te meld.

 
 
 

Comments


bottom of page