top of page

Waarskuwings oor Storm Baron is ‘n poets

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 8
  • 1 min read

Die sosiale media-waarskuwing oor ‘n storm genaamd Storm Baron wat glo Suid-Afrika gaan tref is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) vals - en moet as ‘n poets gesien word.


Maroela Media berig verder volgens die SAWD se woordvoerder, Hannelee Doubell, is daar tans geen tropiese sikloonaktiwiteit oor die suidwestelike Indiese Oseaan nie, en geen amptelik erkende storm met die naam Baron nie.


Doubell het wel bevestig dat ʼn intense laagdrukstelsel na verwagting in die komende dae oor die suidelike dele van Mosambiek sal ontwikkel.


Daar word voorspel dat hierdie stelsel dan verder suid sal beweeg en vanaf Saterdagoggend wydverspreide buie en donderstorms in die noordoostelike dele van die land tot gevolg sal hê.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page