Walmart maak plaaslik sy deure oop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 26, 2025
- 1 min read
Net meer as 10 weke nadat dit aangekondig is, het Walmart sy deure in Suid-Afrika oopgemaak. Duisende nuuskierige verbruikers het by die Clearwater Mall in Roodepoort in Gauteng saamgedrom om deel van dié historiese oomblik te wees.
Maroela Media berig die die winkelbestuurder, Onicca Mothapo, sê hulle is ongelooflik trots daarop dat die Walmart Clearwater-winkel 80 nuwe werkgeleenthede geskep het. 'n Totaal van 15 klein- en mediumgrootte verskaffers sal ook hierdeur ondersteun word.
Volgens die uitvoerende vise-president van Walmart International, Andrea Albright, is die winkel ontwerp om ʼn vriendelike, doeltreffende en gemaklike eenstop-inkopie-ervaring te bied. Verbruikers kan ʼn wye verskeidenheid produkte verwag: van vars en bevrore kos en alledaagse kruideniersware, tot ʼn sorgvuldig saamgestelde reeks klere, babaprodukte, huishoudelike items, speelgoed en elektroniese toerusting.







Comments