Waninligting op buurtgroepe kan veiligheid ondermyn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 27
- 1 min read
Waninligting wat op buurt-WhatsApp-groepe versprei, kan gemeenskapsveiligheid ondermyn en selfs onnodige paniek veroorsaak.
Hoewel dié groepe waardevolle kommunikasie-instrumente is in die bekamping van misdaad, kan onbevestigde inligting en aannames veiligheidsvrese verdiep en spanning in gemeenskappe aanwakker.
Die sekuriteitsfirma Community Monitoring Service waarsku dat sulke plasings ook onbedoeld vooroordele teen mense wat op ’n sekere manier lyk of aantrek, kan versterk.
Volgens die maatskappy kan dit sosiale verdeeldheid veroorsaak en in sommige gevalle daartoe lei dat gemeenskapslede die gereg in eie hande neem.
Inwoners word aangemoedig om inligting te verifieer voordat dit verder versprei word.







Comments