Water binnekort weer terug in Bloemfonteinse voorstede
- Armando Pieters

- Aug 22
- 1 min read
Water sal na raming teen laat Vrydagmiddag of Saterdag herstel wees nadat groot dele van Bloemfontein sedert Woensdagmiddag sonder water gelaat is. Dit nadat ’n waterpyp in Dewetsdorp gebars het.
Volksblad berig sodra die pyp herstel is, sal die pypleiding vanaf die Welbedachtdam eers moet vol loop en drukking in die pyp opgebou moet word voordat watertoevoer herstel kan word.
DA-raadslid Paul Kotzé sê dis sowat 100 km se waterpypleiding wat eers weer vol water moet loop. Sodra water in dié pypleiding Bloemfontein bereik, sal water eers na die laagliggende gebiede loop voordat dit hoogliggende gebiede sal bereik.
Gebiede soos Pellissier, Fauna, Fleurdal en Fichardtpark se watertoevoer sal dus eerste herstel wees, waarna hoogliggende gebiede soos Langenhovenpark, Bainsvlei, Spitskop en Generaal de Wet se watertoevoer herstel sal word.





Comments