Water in die Noorde van Bloem is tydelik af
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 30
- 1 min read
Bloemfonteiners in die noordelike voorstede word geraak deur ’n nood-wateronderbreking.
Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit in ’n kennisgewing is die afsluiting nodig om dringende herstelwerk by die Arboretum-reservoir uit te voer.
Gebiede soos Arboretum, Bayswater, Heuwelsig, Dan Pienaar en die Northridge-area word geraak.
Die onderbreking sal na verwagting sowat agt uur duur.








Comments