Water sukkel steeds in 'n Vrystaatse dorp nadat nuwe watertenks nie gebruik word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 17, 2025
- 1 min read
Nadat watertenks van miljoene rande in die Manyatseng-township naby Ladybrand gebou is, het inwoners steeds nie water nie. Dit omdat die tenks egter nooit gebruik is nie.
Die Mantsopa-munisipaliteit in die Vrystaat het die watertenks in 2021 laat bou.
Netwerk24 berig die DA-raadslid van die munisipaliteit, Leonard Masilo, eis dat die munisipale bestuurder, Matiro Mogopodi, dringend dié probleem aanspreek.
Hy sê vinnige optrede is nodig om inwoners van wyk 4, wyk 5 en wyk 6 aan veilige en betroubare waterverskaffing te koppel om jare se verwaarlosing te beëindig.






Comments