top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Water sukkel steeds in 'n Vrystaatse dorp nadat nuwe watertenks nie gebruik word nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 17, 2025
1 min read

Nadat watertenks van miljoene rande in die Manyatseng-township naby Ladybrand gebou is, het inwoners steeds nie water nie. Dit omdat die tenks egter nooit gebruik is nie.

Die Mantsopa-munisipaliteit in die Vrystaat het die watertenks in 2021 laat bou.

Netwerk24 berig die DA-raadslid van die munisipaliteit, Leonard Masilo, eis dat die munisipale bestuurder, Matiro Mogopodi, dringend dié probleem aanspreek.

Hy sê vinnige optrede is nodig om inwoners van wyk 4, wyk 5 en wyk 6 aan veilige en betroubare waterverskaffing te koppel om jare se verwaarlosing te beëindig.

 
 
 

Comments


bottom of page