Waterbesoedeling-uitdagings in die Vrystaat word aangespreek

Jun 3, 2025
1 min read
In ‘n poging om die dringende uitdagings van waterbesoedeling aan te spreek het die adjunkminister van water en sanitasie, Sello Seitlholo, die Vrystaatse Mafube Munisipaliteit in Frankfort besoek. Sello sê in ‘n plasing op sosiale media hy het eerstehands die impak van mislukte infrastruktuur, gebrek aan personeelkapasiteit en die kommerwekkende tempo van vandalisme gesien. Hy voeg by dat die munisipaliteit se nie-nakoming van regulasies kommerwekkend is. Intussen het die munisipaliteit hul strategiese planne om dié kwessie aan te spreek en om watergehalte te verbeter aan Seitlholo voorgelê. Volgens die adjunkminister sal die munisipaliteit aanspreeklik gehou word en sal hy die vordering fyn dophou.








Comments