top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Waterdruk in Bloemfontein kan daal weens gebarste pyp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 11, 2025
  • 1 min read

Die watertoevoer en -druk in dele van Bloemfontein is tydelik onderbreek weens ’n pyp wat in Brendarweg, Kwaggafontein gebars het. Mangaung Metro Munisipaliteit sê in ’n kennisgewing die herstelwerk is aan die gang, maar daar is geen aanduiding van wanneer dit voltooi sal wees nie. Waterdruk en in Kwaggafontein, Kelly’s View en moontlik Bloemdal kan tydelik daal terwyl die stelsel herstel word. Die munisipaliteit vra inwoners om water spaarsamig te gebruik en vra om verskoning vir die ongerief.

 
 
 

Comments


bottom of page