top of page

Waterkrisis by Sasolburg-kliniek sloer steeds ná drie jaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 14, 2025
  • 1 min read

Die DA in die Vrystaat het ’n petisie van stapel gestuur oor die voortslepende waterkrisis by die Dr Che Guevara-kliniek in Sasolburg.

So sê die DA se Lebohang Chalala van die Metsimaholo- plaaslike munisipaliteit ná ’n onlangse oorsigbesoek aan die kliniek.

Volgens Maroela Media blyk die werksomstandighede van gesondheidswerkers en pasiënte onmenslik te wees.

Chalala sê die fasiliteit sukkel al bykans drie jaar lank met aanhoudende wateronderbrekings, ten spyte van herhaalde versoekskrifte deur inwoners en personeel.

Gesondheidswerkers moet sonder lopende water funksioneer, wat beteken hulle kan nie hul hande was, mediese instrumente skoonmaak of basiese higiëne handhaaf nie. Dit stel lewens in gevaar en oortree elke standaard van openbare gesondheidsorg.

 
 
 

Comments


bottom of page