top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wateronderbrekings in ooste van Bloemfontein verwag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 5, 2025
1 min read

Groot gedeeltes aan die ooste van Bloemfontein mag moontlik Woensdag wateronderbrekings ervaar. Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sal Vaal Central Water aan staalpypleidingverbindings werk. Hulle werk sedert Dinsdag aan twee konneksies, wat teen later Woensdag voltooi behoort te wees, terwyl nog ’n konneksie vir volgende week Woensdag geskeduleer is. Hierdie verbindings is glo belangrik vir die parallelle staalpypleiding. Areas wat moontlik geraak word is meestal in die oostelike dele van Bloemfontein geleë. Die stad vra om verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word.

 
 
 

Comments


bottom of page