Watersekerheid in Suid-Afrika is onder bedreiging
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se jongste verslag oor plaaslike regering bevestig dat meeste munisipaliteite in die land bankrot is en nie basiese water- en sanitasiedienste kan lewer nie.
Volgens die verslag styg skuld aan Eskom en waterrade, infrastruktuur verval, en kontantvloei bly ’n krisis.
AfriForum se hoof van omgewingsake, Lambert de Klerk, sê dit is kommerwekkend aangesien groot hoeveelhede geld wel bestee word. Suid-Afrika verloor tans byna die helfte van alle behandelde water weens lekkasies en verwaarlosing.
De Klerk waarsku dat watersekerheid nie herstel kan word terwyl munisipaliteite finansieel en polities misluk nie.
LUISTER:







Comments