Watertekorte en rioolprobleme duur voort

Die parlement se Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê mislukkings in water- en sanitasiedienste bly 'n bron van kommer in sukkelende munisipaliteite.
Die komitee het kommer uitgespreek oor langdurige watertekorte, verouderende infrastruktuur en rioolprobleme tydens 'n inligtingsessie van die Departement van Samewerkende Regering. Die inligtingsessie fokus op die departement se jaarverslag vir die 2025/26-boekjaar.
Die komitee het die impak van die departement se ondersteuning aan sukkelende munisipaliteite bevraagteken. Die departement se Direkteur-Generaal, Mbulelo Tshangana, het erken dat nasionale departemente nie hul ondersteuning aan munisipaliteite goed genoeg gekoördineer het nie.









Comments