top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watertekorte word in dele van Bfn verwag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 23
  • 1 min read

Dele van Bloemfontein kan Donderdag lae waterdruk of tydelike onderbrekings in watervoorsiening ervaar. Dit is weens Centlec se beplande kragonderbreking by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg.


Volgens 'n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit kan dié onderbreking Donderdag vanaf 07:00 tot 18:00 plaasvind. Indien dit nie gebeur nie, kan die onderbreking op 30 Julie plaasvind.


Die gebiede wat geraak kan word, is:


  • Bayswater;

  • Naval Hill;

  • Dan Pienaar;

  • Maselspoort;

  • Heuwelsig;

  • Roodewal;

  • Arboretum;

  • Die Bram Fischer-lughawe en omliggende gebiede; en

  • Pentagon Park.


Inwoners word aangemoedig om voldoende water vir noodsaaklike gebruik op te gaar en water spaarsaam te gebruik gedurende die onderbreking.


Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus/Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Rosestad-nuus/Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page