Watertenkwaens jaag 'n VS munisipaliteit miljoene uit die sak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 26
- 1 min read
Die huur van watertenkwaens het die Setsoto-munisipaliteit in die Vrystaat meer as R14 miljoen in ’n jaar uit die sak gejaag.
Die munisipale bestuurder, Nomvula Malatjie, sê die aanstelling van die twee kontrakteurs vir die watertenkwaens is deur ’n interne ouditeur en die ouditeur-generaal geoudit en dit is nie as onreëlmatig beskou nie. Sy het ook aangedui dat die munisipaliteit van plan is om sy eie watertenkwaens aan te skaf.
DA-raadslid in die munisipaliteit, José Coetzee, sê noodwatertenkwaens moet die uitsondering wees, nie die primêre reaksie op voortdurende watervoorsieningsuitdagings nie.
Malatjie het nie op verdere navrae gereageer nie.
Die Setsoto-munisipaliteit bedien Ficksburg, Clocolan, Marquard en Senekal.








Comments