top of page

Watertoevoer in Bloemfontein ontwrig

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Mangaung Metro Munisipaliteit waarsku dat groot dele van Bloemfontein sonder water kan wees weens beplande instandhouding. Volgens die munisipaliteit se kennisgewing het Eskom se instandhouding by die Welbedachtdam op Dinsdag, 27 Mei begin, wat die kragtoevoer na die dam beïnvloed. Daarbenewens word ’n klep by Uitkyk vervang, wat die watertoevoer vir ongeveer 36 uur sal onderbreek. Krag sal na verwagting teen 18:00 herstel wees, maar die waterdruk en -toevoer kan langer neem om te normaliseer. Inwoners word versoek om water spaarsaamig te gebruik en vooraf genoeg op te gaar. Die metro sê watertenks kan op kritieke plekke ontplooi word waar moontlik. Die publiek sal op hoogte gehou word, en die metro vra omverskoning vir die ongerief.

 
 
 

Comments


bottom of page