top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watertoevoer na Vrystaatse landboubedryf kan beduidend afneem

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

Die impak op die Vrystaatse landboubedryf, as gevolg van die sluiting van die Lesotho-hooglandwaterskema, sal deur die DA gemonitor word. Volgens Maroela Media sal Trans-Caledon-waterowerheid vanaf Oktober watervloei na Suid-Afrika, vir ‘n voorgestelde ses maande, opskort om noodsaaklike instandhouding- en konstruksiewerk in Lesotho te doen. Talle gemeenskappe in die Vrystaat maak staat op water van die kanaal, en die DA is van mening dat watertoevoer na dorpe en die landboubedryf in die Vrystaat beduidend sal afneem. Inwoners van Clarens het ook kommer uitgespreek oor die stadige vordering om bykomende boorgate en die nodige infrastruktuur op te rig om betroubare watertoevoer te verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page