top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watertoevoer onderbreek ná vandalisme

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3d
  • 1 min read

Weens ’n gevandaliseerde klep by die Arboretum-reservoir is watertoevoer in dele van Bloemfontein onderbreek.


In ’n kennisgewing sê die Mangaung Metro Munisipaliteit die voorval het in die noordelike dele van die stad plaasgevind en raak verskeie woonbuurte.


Dit sluit onder meer Heuwelsig, General Dan Pienaar-rylaan en omliggende gebiede in.

Die metro sê tegniese spanne is op die toneel en werk daaraan om die probleem op te los.


Intussen word watertoevoer in ander gebiede, soos Vista Park, Rocklands en Pholendaba, ook geraak weens kragonderbrekings by die Rustfontein-waterbehandelingsaanleg.


Die munisipaliteit vra inwoners om geduldig te wees terwyl herstelwerk voortgaan.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page