top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watertoevoer word in die suide van Bloem onderbreek

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 21
  • 1 min read

Daar sal Donderdag ’n beplande wateronderbreking in die suidelike dele van Bloemfontein wees.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit is die onderbreking nodig vir die koppeling van ’n nuwe waterpyplyn in Kuschke-straat in Heidedal.


Die water sal na verwagting tussen eenuur en negeuur onderbreek word, om ontwrigting by skole in die gebied tot die minimum te beperk.


Ashbury en die Heide Primêre Skool sal onder die gebiede wees wat geraak word.


Die metro sê die werk vorm deel van opgraderings aan die waterinfrastruktuur in die gebied.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page