top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watertoevoeronderbrekings word in Bloem verwag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9, 2025
1 min read

Weens hoë troebelheid na die onlangse swaar reënval en weerlig by die Caledonrivierstreek, kan inwoners van die Manguang Metro Munisipaliteit (MMM) moontlik Donderdag watertoevoeronderbrekings ondervind. MMM se hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama sê in ‘n kennisgewing dat die stad se waterdiensverskaffer, Vaal Sentraal Water, watertenkwaens op bystand hou en beskikbaar sal stel soos die behoefte ontstaan. Hy sê ook dat die MMM inwoners voortdurend op hoogte van die vordering sal hou.

 
 
 

Comments


bottom of page