top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wateruitvloei by Bloemhofdam verhoog

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 24, 2025
1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie het die wateruitvloei by die Bloemhofdam met 100mᶾ per sekonde tot 350,97mᶾ per sekonde verhoog. Dit is om voorsiening te maak vir die ekstra vloei wat vanaf die Vaaldam verwag word. Die vrystelling van water op beide damme is as gevolg van stygende watervlakke wat deur voortdurende reënval veroorsaak word. Die enkelsluis by die Vaaldam, wat verlede week oopgemaak is om waterdruk te verlig, bly oop. Die Vaaldam is tans op sy volle kapasiteit met meer as 107 persent.

 
 
 

Comments


bottom of page