top of page

Weens die agterstand in drukwerk sal bestuurders nie vir tydelike lisensies hoef te betaal nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 17, 2025
  • 1 min read

Die agterstand in drukwerk vir bestuurslisensiekaarte staan nou op ongeveer 540 000, en die proses om ‘n nuwe kaartdrukker aan te skaf is weer op ys.

Dit beteken die wagtyd vir ‘n nuwe lisensiekaart is om en by twee maande, en na verwagting sal dié vertragings tot ver in 2026 duur.

Business Tech berig die departement van vervoer sê bestuuders gaan nie vir tydelike bestuurslisensies hoef te betaal nie, en boetes vir vervalde lisensies sal ook opgeskort word.

Die drukker is al 26 jaar oud, en die departement van vervoer het reeds R12 miljoen hierdie jaar aan herstelwerk spandeer. Daarmee saam is ‘n bykomende R4,4 miljoen aan oortydbetaling spandeer om die masjien 24 uur per dag te laat werk.

 
 
 

Comments


bottom of page