top of page

Weermag doen ondersoek na ontplooiing van troepe in DRK

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 11
  • 1 min read

Die adjunkminister van verdediging, Bantu Holomisa, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal sy eie ondersoek na die ontplooiing van troepe in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) doen. Die troepe is in 2023 na die DRK ontplooi om die streek te help stabiliseer. Die land het 14 soldate tydens die oorlog tussen die M23-rebelle en die DRK verloor. Holomisa sê die departement sal formele ondersoekrade aanstel om elke operasionele aspek van die weermag se ontplooiing na die DRK te ondersoek. Die ondersoek sal ongevalle en finansiële koste insluit.

 
 
 

Comments


bottom of page