top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Weermaglede staar bewerings van brutaliteit in die gesig

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 24
  • 1 min read

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag staar bewerings van brutaliteit in Kaapstad in die gesig.


Die regering het die weermag ontplooi om bendeverwante misdaad in die provinsie te help beveg.


Die lede het na bewering hierdie week ’n huis in Delft deursoek vir dwelms en ammunisie. Die klaer sê die soldate het nie ’n lasbrief gehad om die huis te deursoek nie. Die soldate het na bewering ook twee mense in die huis aangerand.


Die Wes-Kaapse regering het intussen die doeltreffendheid van die ontplooiing om misdaad in die provinsie te bekamp, bevraagteken.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page