top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Weermagvakbond verwerp ‘gedwonge’ bywoning van Paasdiens

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 16, 2025
  • 1 min read

Die weermagvakbond, SANDU, sê hy verwerp die gedwonge bywoning van ‘n godsdienstige byeenkoms wat Woensdag in Thaba Tshwane in Pretoria plaasvind. Die vakbond sê luidens SABC-nuus hy is bewus van die verpligte byeenkoms van weermaglede wat blykbaar op sosiale media deur die waarnemende hoof van die leër uitgestuur is. Maroela Media berig verder in dié boodskap word alle weermaglede glo aangesê om die Paasdiens in die stadsaal by te woon. Volgens die boodskap sal slegs lede met geldige verskonings wat deur die waarnemende hoof van die Leer goedgekeur is, van die verrigtinge verskoon word. Die nasionale sekretaris van SANDU, Pikkie Greef, sê die bevel moet sonder versuim teruggetrek word.

 
 
 

Comments


bottom of page