top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wegholveldbrande eis lewens en berokken reuse skade

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 5, 2024
1 min read

Dit is dag twee van vyf met ‘n dringende waarskuwing oor die uiterse hoë gevaar vir die ontstaan van wegholbrande in die Mangaung-metro. Die Vrystaat, Noordwes en Gauteng, is sekere van die provinsies wat reeds sedert begin Augustus grootskaals deur wegholbrande geteister word. Tarien Cooks, rampbestuurkenner by AfriForum, sê derduisende hektare weiding het reeds in die slag gebly, en erge infrastruktuurskade is aangerig. Lewensverlies van boere en werknemers is aangemeld, en duisende stuks vee kon nie daarin slaag om van die vlammehel te ontsnap nie. Mense word gemaan om uiters versigtig te wees, om brande onmiddellik aan te meld, en om nie self in te spring om’n wegholveldbrand te probeer blus nie.

 
 
 

Comments


bottom of page