Welkom-bejaarde glo met kleefband vasgebind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 15, 2025
- 1 min read
Die vier personeellede van die Silver Village-versorgingsoord in Welkom, wat in hegtenis geneem is vir die beweerde aanranding van 'n 81-jarige inwoner, het glo die vrou se hande met kleefband vasgebind.
Een van die meerderheidaandeelhouers in die tehuis, Jan Nel, sê interne tugprosesse sal volg, bykomend tot die hofsaak. Hy het eers ná die personeellede se inhegtenisneming van die beweerde gebeure te hore gekom.
Netwerk24 berig die vier beskuldigdes se borgtogaansoek word na verwagting Dinsdag in Welkom aangehoor.
Polisiewoordvoerder, Palesa Thabana, bevestig die bestuurder van die versorgingsoord, 'n verpleegster en twee versorgers staan tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en oortredings van die Wet op Ouer Persone.
Nel sê hy verneem die bejaarde vrou is rustig, onder die omstandighede.






Comments