top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Welkom-man skuldig aan smokkel met sigarette

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2024
1 min read

‘n Welkom-man, Farhaz Uddin, het voor die Welkom-gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn waar hy vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van R900 000 skuldig bevind en gevonnis is. Volgens ’n polisie-mediaverklaring het lede van die K9-eenheid in Welkom inligting ontvang oor ’n voertuig wat onwettige sigarette vervoer. Die polisie het die voertuig gevolg, gestop en deursoek. Hulle het onwettige sigarette met ’n geraamde waarde van R900 000 gevind. Tydens inspeksie is ook ontdek die vrag voldoen nie aan doeanewetgewing nie. ’n Saak is geregistreer en aan die Valke in Welkom oorhandig, wat uiteindelik tot sy skuldigbevinding gelei het.

 
 
 

Comments


bottom of page