Werk word steeds gemaak van die verlenging van bestuurderslisensiekaarte se geldigheid
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 20
- 1 min read
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê daar word steeds gewerk aan die verlenging van bestuurderslisensiekaarte se geldigheid na agt jaar.
Die minister sê dat konsepwysigings binnekort vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees.
AfriForum het kommer uitgespreek op grond van die departement se prestasieplan wat publikasie vroeg in 2026 aandui. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, waarsku dat vertragings bevoegde bestuurders raak wie se lisensies verval.
LUISTER HIER:
Louis Boshoff








Comments