Werkers bly tuis nadat Bophelo House oorstroom
- Armando Pieters

- Aug 27
- 1 min read
Die hoofkantoor van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement in Bloemfontein, Bophelo House, het oorstroom, en personeel is aangesê om van die huis af te werk.
Woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê in 'n mediaverklaring die gebou is as onveilig vir werk verklaar nadat 'n oorstroming gister ontdek is. Die oorsaak van die oorstroming word nog ondersoek.
Mvambi sê maatreëls is in plek om ontwrigting van dienslewering te minimaliseer terwyl assessering en herstelwerk gedoen word.





Comments