top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Werkgewers skuld miljarde aan pensioenfondse

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 8
  • 1 min read

Werkgewers skuld werkers altesaam R8,3 miljard aan onbetaalde pensioenfondsbydraes.


Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê meer as 6 000 werkgewers is geïdentifiseer omdat hulle pensioenbydraes wat van werknemers se salarisse afgetrek is, nie aan aftreefondse oorbetaal het nie.


Die agterstallige skuld raak sowat 590 000 aftreefondslede en het die afgelope jaar met meer as R1 miljard toegeneem.


Volgens die owerheid gebruik baie finansieel benoude werkgewers dié geld om bedryfskoste te dek, ondanks hul wetlike verpligting om die bydraes aan aftreefondse oor te betaal.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page