Werkgewers wat ongedokumenteerde buitelanders uitbuit, moet pasop
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Werkgewers wat ongedokumenteerde buitelanders eerder as Suid-Afrikaners aanstel en hulle uitbuit deur minder as die minimum loon te betaal, moet geen genade verwag nie.
Dit is volgens die minister van arbeid en indiensneming, Nomakhosazana Meth, ná toenemende protes oor die groot getal ongedokumenteerde buitelanders in Suid-Afrika wat daarvan beskuldig word dat hulle poste vul en sodoende Suid-Afrikaners werkloos laat.
Maroela Media berig die adjunkminister, Jomo Sibiya, beklemtoon dat slegs buitelanders met skaars vaardighede ingevolge die wet werkpermitte behoort te kry, maar dat die departement nie die mag het om immigrasiewette af te dwing nie.








Comments