top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Werklading laat onderwysers uitgebrand voel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 10, 2025
1 min read

'n Nasionale studie het bevind dat baie Suid-Afrikaanse onderwysers as gevolg van hul werklading uitgebrand voel. IOL berig die Suid-Afrikaanse Onderwyservoorkeure en Werkstevredenheid-verslag, vrygestel deur die Universiteit Stellenbosch, onthul dat 50% van onderwysers die beroep in die volgende 10 jaar wil verlaat. Buitensporige werklading sowel as administratiewe laste word as die primere redes vir die uitbranding genoem. Die studie beklemtoon verder die behoefte vir meer ondersteuning aan onderwysers wanneer dit by geestesgesondheid kom. Dit aangesien baie van hulle emosioneel gedreineer voel. Verder het onderwysers by minder gegoede skole gesê hulle voel oorweldig deur die emosionele en sosiale uitdagings, soos armoede, verwaarlosing en geweld, wat hul leerders in die gesig staar.

 
 
 

Comments


bottom of page