top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Werkloosheid bly op die lang termyn styg

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Mar 1
  • 1 min read

Werkloosheid in Suid-Afrika bly oor die lang termyn toeneem. Dit is volgens die hoofekonoom van Efficient Group, Dawie Roodt.


Roodt glo die regering moet sy fokus verskuif van werkskepping na ekonomiese groei. Hy verduidelik dat die groei van die ekonomie natuurlik tot die skep van meer werksgeleenthede sal lei.


Hy wys daarop dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk se groei gemiddeld minder as een persent oor die afgelope dekade was. Roodt sê dit is dus nie verbasend dat die land se werkloosheidsyfer hoog bly nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page