top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging.


Chikunga het ’n Nasionale Persklub Vrouemaand Onderskeidingsdialoog gelei, ter herdenking van 70 jaar sedert die historiese Vroue-optog van 1956.


Sy sê data van Statistieke Suid-Afrika toon dat vroue in die land ’n hoër werkloosheidsyfer as mans aangeteken het. Sy doen ’n beroep op sterker roetes wat jong vroue met onderwys, finansiële ondersteuning, netwerke en instellings verbind.


Chikunga sê geweld teen vroue bly die land se grootste mislukking.


LUISTER HIER:


Sindisiwe Chikunga

Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World
Sindisiwe Chikunga. FOTO: Sunday World

 
 
 

Comments


bottom of page