Werknemers is glo weens administratiewe probleem laat betaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 35 minutes ago
- 1 min read
Werknemers van die Mangaung-metro se salarisse is glo laat betaal weens 'n administratiewe probleem met die betalingsproses.
Nova News berig die stadsbestuurder, Sello More, sê die probleem was tegnies van aard en nie die gevolg van 'n tekort aan fondse nie.
More voeg by die metro verstaan die angs en ongerief wat die laat betalings vir werknemers en hul gesinne veroorsaak het en vra om verskoning daarvoor. Hy sê amptenare werk daaraan om die betalingsproses so vinnig moontlik af te handel.
Volgens More het werknemers wat by FNB en Absa bank reeds hul salarisse ontvang, terwyl die res se betalings kort daarna afgehandel sou word.
Hy beklemtoon dat die Mangaung-metro steeds finansieel operasioneel is en toegewyd bly om al sy betalingsverpligtinge na te kom.








Comments