Werknemers met gestremdhede bly onderverteenwoordig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 1
- 1 min read
Werknemers met gestremdhede bly steeds erg onderverteenwoordig in Suid-Afrika se arbeidsmark.
Volgens die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se 26ste jaarverslag het werknemers met gestremdhede verlede jaar slegs 1,3% van die totale werksmag uitgemaak.
Die kommissie sê die volgehoue lae verteenwoordiging is 'n groot bron van kommer en dat die meeste werknemers met gestremdhede steeds in laer- en middelbestuursposte werksaam is.
Die kommissie doen 'n beroep op werkgewers om sterker strategieë toe te pas wanneer gelyke indiensnemingsplanne geïmplementeer word.








Comments