Werknemers sal nie hul werk as gevolg van regstellende aksie verloor nie
- Armando Pieters

- May 30
- 1 min read
Die Departement van Werk en Arbeid het gerugte ontken dat werkernemers as gevolg van regstellende aksie ontslaan sal word. Die Departement se adjunkdirekteur van Werksbillikheid, Niresh Singh, het tydens ‘n werksbillikheidstoer in Durban gesê mense is verkeerd ingelig oor die Gewysigde Wet op Werksbillikheid. Volgens Singh is die gewysigde wet daarop gemik om, in terme van die ekonomies aktiewe bevolking, die werkplek in lyn met die demografie van die land te transformeer.





Comments