top of page

Werksessies word gehou oor plaasveiligheid in die Vrystaat

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 26
  • 1 min read

As deel van pogings om veiligheid in die Vrystaat op te skerp, word veiligheidwerksessies elke Woensdag in elke distrik van die provinsie gehou.

By dié sessies vergader veiligheidsverteenwoordigers met lede van plaaswagte en veiligheidsgroeperings oor die stand van sake in elke distrik.

Veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou (VL), Jane Buys, sê boere word aangemoedig om dit by te woon om hulself van gebeure en neigings in hul omgewings te vergewis.

Landbou.com berig Buys sê dit kom ná 'n toename in plaasaanvalle sedert Junie.

Rosestad-nuus het vroeër berig oor die mees onlangse voorval, waar 'n boer in die Heilbron-distrik aangeval is.

Buys waarsku voorts dat voertuigdiefstal op plase in die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat toeneem, veral in dele soos Senekal en Bethlehem. Die vermoede bestaan dat dié diefstalle die werk van ’n sindikaat is en dat die voertuie na Gauteng geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page