Werkslading tas SAPD se geestesgesondheid aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 13, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sê die geestesgesondheid van beamptes bly ’n prioriteit - te midde van ’n tekort aan personeel en hoë werksdruk. Volgens SAPD-woordvoerder Athlenda Mathe is daar tans net een polisiebeampte vir elke 400 mense in die land – byna dubbel die verhouding wat deur die Verenigde Nasies aanbeveel word. Mathe sê berading en stresverligting is 24 uur per dag beskikbaar, en ’n geïntegreerde ondersteuningsnetwerk van professionele personeel is in plek. SABC News berig sy sê proaktiewe programme, soos die selfmoordvoorkomingsprogram Kies Lewe, word aangebied om geestesgesondheidskwessies te help voorkom. Die SAPD beklemtoon dat beamptes se welstand noodsaaklik is in die stryd teen misdaad.







Comments