top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Weskoppies wink vir Liebenberg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 7
  • 1 min read

Ná maande se wag sal die vermeende diamantsmokkelaar Louis Liebenberg nou uiteindelik na die Weskoppies-psigiatriese hospitaal oorgeplaas kan word.


Maroela Media berig die Nasionale Vervolgingseenheid (NVG) se woordvoerder, Tshegofatso Makhudu, bevestig Liebenberg sal op 15 Julie na die psigiatriese hospitaal geneem word en ingevolge ʼn vroeëre hofbevel van die Bronkhorstspruit-landdroshof vir 30 dae waargeneem word.


Lienenberg is verlede jaar vir waarneming verwys, nadat dié hof bevind het Liebenberg se fokus is op ander aangeleenthede as sy borgtogaansoek gerig. Liebenberg, sy vrou, Dezzi, en sewe medebeskuldigdes staan tereg op 127 aanklagte wat onder meer rampokkery insluit.


Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media
Louis Liebenberg. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page