top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Westdene-park se bewarea open binnekort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 20, 2025
1 min read

Die heining om die Westdene-park in Bloemfontein vorder flink en behoort einde Mei klaar te wees. Volgens Bloemnuus is dit moontlik gemaak danksy meer as R250 000 se skenkings van inwoners, ondernemings en instansies. Die heining sal help om die groen strook tussen Albrecht- en Genl. Hertzogstraat as ʼn veilige bewarea oop te stel. Dié gebied was vroeër ʼn probleemplek vir veldslapers wat vure gemaak het. Ná aksies is veldslapers verwyder, en die gemeenskap werk nou saam om die gebied veilig te hou. Lidmaatskap van “Vriende van Westdene-park” sal mense in staat stel om toegang tot die park te kry om daar te gaan stap. Die projek bring hoop vir inwoners van Westdene en Dan Pienaar.

 
 
 

Comments


bottom of page