Wetenskaplikes kry nuwe insig oor die Spinosaurus
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 23
- 1 min read
Wetenskaplikes het nuwe insigte gekry oor hoe die dinosourus Spinosaurus mirabilis moontlik geleef en gejag het.
Volgens ’n studie wat in die tydskrif Science gepubliseer is, dui fossielreste uit Niger daarop dat dié roofdier nie ’n diepwaterswemmer was nie, maar eerder langs kuslyne gejag het.
Navorsers sê sy lang snoet, sterk nek en liggaamsbou was ideaal om vis in vlak water te vang – soortgelyk aan hoe ’n reier jag.
Die bevindings help om ’n jarelange debat onder wetenskaplikes op te klaar oor hoe die Spinosaurus geleef en gevoed het.








Comments