Wetgewing vir vergoeding aan slagoffers van apartheid is gefinaliseer
- Armando Pieters

- Jul 20
- 1 min read
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, sê wetgewing vir vergoeding aan slagoffers van apartheid is uiteindelik gefinaliseer. Sy het dit aangekondig tydens die herbegrafnis van twee anti-apartheidsaktiviste in Limpopo. Die twee is in 1986 in ongemerkte grafte begrawe ná hulle veroordeling vir ’n betoging teen stamowerhede. Kubayi sê families sal hulp ontvang met behuising en kinders van slagoffers kry reeds studiebeurse. Altesaam 130 politieke gevangenes is tussen 1960 en 1990 by die Kgosi Mampuru-tronk oorlede, waarvan 81 reeds herbegrawe is.





Comments