top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wetlike drinkouderdom 'moet na 21 verhoog word'

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 7, 2024
1 min read

Die wetgewing rakende die wettige sogenaamde "drinkouderdom" en alkohol, het veranderinge nodig. Dit is luidens die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse “Alcohol Policy Alliance”, Aadielah Maker Diedericks, wat gevra het vir 'n hersiening van die wetsontwerp - veral nadat ontstellende statistieke van die Suid-Afrikaanse Nasionale Demografiese en Gesondheidsopname genoem is, volgens . Hierdie opname het getoon dat alkohol 'n groot rol gespeel het in 75% van moorde, 60% van motorongelukke, en 24% van voertuigverwante sterftes en beserings. Die wysigingswet, wat in 2016 bekendgestel is, stel voor dat 'n wettige drinkouderdom van 18 na 21 moet verhoog en 'n 100-meter radiusbeperking op alkoholverkopings rondom opvoedkundige en godsdienstige instellings in gestel moet word. Alkoholverkopings en -advertensies op sosiale en klein media moet verbied word, en 'n aanspreeklikheidsklousule vir alkoholverkopers moet ingetêl word.

 
 
 

Comments


bottom of page