top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Wetsontwerp vir strenger tabak-beheer weer ter tafel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 4, 2024
1 min read

Die departement van gesondheid het die Wetsontwerp op Tabakprodukte weer aan die portefeuljekomitee oor gesondheid voorgelê. Aldus die departement is dit nie ‘n poging om tabakprodukte en rook in Suid-Afrika heeltemal te verban nie. Die wetsontwerp het wel ten doel om toegang tot hierdie produkte uiters streng te beperk, en om kinders en nie-rokers teen blootgestelling te beskerm. BusinessTech berig daar word voorgestel dat slegs gesondheidswaarskuwings op sigaretboksies gedruk mag word. 'n Algehele verbod op die uitstal van tabakprodukte by betaalpunte word ook in die wetsontwerp vervat.

 
 
 

Comments


bottom of page