WhatsApp kry nou 'n inteken-opsie met ekstra funksies
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Meta Platforms het sy WhatsApp Plus-intekening in Suid-Afrika bekend gestel, wat gebruikers van die gewilde klets-toep ekstra funksies bied teen ’n maandelikse fooi van R28,99.
My Broadband berig die Amerikaanse sosialemediareus het die intekening in April 2026 begin toets en gesê dit is ontwerp vir gebruikers wat meer maniere soek om hul ervaring te organiseer en te verpersoonlik.
Meta Platforms het beklemtoon dat hy nie beplan om vir privaat boodskappe of ander kernfunksies van WhatsApp te begin hef nie.
WhatsApp Plus is die eerste maand gratis, hoewel gebruikers ’n betaalmetode moet byvoeg om die diens te toets.
Die intekening voeg verbeterde gesprekslyste by, waarvan elkeen sy eie instellings vir kennisgewings, luitone en temas kan hê. WhatsApp Plus-intekenare kan ook tot 20 gesprekke bo-aan hul tuisskerm vaspen, vergeleke met slegs drie vir gebruikers wat nie betaal nie.
Die intekeningsfooi is aansienlik laer as in die VSA, waar dit die ekwivalent van ongeveer R50 kos.








Comments